Friday, April 06, 2012

HOKKIE HOKKIE HOKKIE

Die meisies het definitief gou agter gekom dat HIERDIE toernooi nie ‘n vakansie of soos die Engelse sal sê “a walk in the park” is nie.

Met ‘n goed geoliede program wat aktiwiteite soos “Basic defensive skills”, “Advance defensive skills”, “Goalshooting and scoring”, “Elimanation Skills 1”, “Elimination Skills” ens.  bevat, is die hokkie meisies se lywe defnitief in skok.

 

Dinsdag en Woesdag se wedstryde het baie beter verloop as wat Maandag s’n was.

Beide die spanne se vordering in die toernooi is deurslaggewend in hulle spel tydens die wedstryde.

 

Die o/16 span het dalk nog nie ‘n wedstryd gewen nie, maar hulle spangees op en af die veld maak op vir dit.

Die STRIKERS span kan spog met twee oorwinnings vir die toernooi tot dusver.

 

Die “student coaches” het onderhulself ‘n toernooi span gekies bestaande uit spelers wat vir hulle uitgestaan het.

Ons wil net graag aan Toffie baie geluk sê dat sy deel vorm van hierdie span.

 

Die meisies speel om 11h30 (Vrydag 6 April 2012) teen mekaar m.a.w. STRIKERS vs Port Natal o/16.

 

Sodra die wedstryd verby is, gaan ons eers ‘n paar finale draaie maak in Bloemfontein, met die idee om 13h00 die laatste uit Bloemfontein te vertrek.

 

Ons beoog om so 22h00 by die koshuis aan te kom, maar sal eers by Harrismith ‘n meer akkurate tyd te kan gee a.g.v die padwerke wat voorkom tussen Bloemfontein en Harrismith.

Ons sal die ouers op hoogte hou soos wat ons vorder.

 

Die meisie is baie moeg, lyfseer en defnitief is van hulle se stemme weg (Lekker gees gevang). Hulle het die toernooi geniet, maar ek dink hulle mis defnitief die huis en is reg om huis toe te gaan.

 

** Ek sal op ‘n later stadium foto’s oplaai. Daar is ‘n paar aksies foto’s wat tydens wedstryde geneem was, wat bietjie verwerking kort.**

** Hou dus nogsteeds die “blog” dop vir verdere inligting en foto’s**

Wednesday, April 04, 2012

Dinsdag - 3 April 2012

Jammer vir die laat “update” maar dit gaan regtig dol so tussen deur die aktiwiteite en min slaap.

 

--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

 

Met ons vertrek uit Durban, Maandag aand, was die meisies baie opgewonde gewees.

Ons het ons eie toergids gehad, die ene Bibi, wat ons vermaak het met haar talente om ons roete vooruit te vertel.

Maar nie voor lank het almal ‘n lê plekkie begin soek … ‘n warm lyfie om teen die koue te beskerm, ‘n skouer wat dalk as kussing kon “double”…

 

Die rit het sonder enige probleme vlot verloop, maar M&B op Montrose sal nooit weer dieselfde wees nadat almal, insluitende die afrigters, by hulle koffie voorraad ingeklim het nie.

 

Ons het ons reis afgesluit deurom 6h45 ons bestemming in Bloemfonteinn te bereik.

 

Die spanne was verras met ‘n lekker warm ontbyt by die restaurant “Iewers Nice”.

Hierdie is defnitief ‘n plekkie om in ‘n mens se reis beplanning in te werk.

Die eienaars van die bestemming was baie vriendelik en het ook vir ons middagete voorsien in die vorm van ‘n regte-egte tuisgemaakte Hamburger.

 

Die oggend was ‘n belewenis gewees om die meisies se reaksie te sien in die Dieretuin.

Hierdie spesifieke dieretuin word nog as een van die mees populêrste dieretuin in SA gesien.

Met hulle wye verskeidenheid van diere, het ‘n paar meisies defnitief iets geleer met hierdie uitstappie… al was dit om die apies te vermaak met vreemde geluide.

 

Met ons aankoms by die universiteit was ons verblyf aan ons geallokeer en die meisies het dadelik ‘n plek gesoek om die woes verslaapte hare plat te maak en tande te borsel.

Ons het ook ons program ontvang wat defnitief gewys het dat die meisies hier is vir meer werk as plesier.

Die eerste wedstryde het reeds om 14h30 afgeslaan.

 

Die o/16 meisies het twee strawwe wedstryde gehad, wat hulle ongelukkig verloor het.

Die STRIKERS het een wedstryd gelykop gespeel en een wedstryd met 1 doel verloor.

 

Uiteindelik na wat ‘n baie lank en uitmergelende dag was, is die meisies bed toe om die dag totsiens te roep en om hulself in droomland te gaan vind.

 

** ek vra onverskoning vir spelfoute en taal foute, dis 23h30 in die aand, en selfs die afrigters sukkel om te dink die tyd van die aand. hehehe

 

 

Friday, March 30, 2012

Voorlopige Program

Hierdie is die voorlopige program van die Hokkie Toer.

Wedstryde en spesifieke tye word daagliks aan ons deurgee.

----------------------------------------------------------------------------------------

 

PROGRAM:

 

03 April - Dinsdag

 

08:00 -    Arriveer in Bloemfontein

-       Ontbyt

-       Oggend Uitstappie                

12:00 - 14:00 Registrasie / Registration: Astro Club House

14:00 - 14:30 Verwelkoming / Welcoming

14:30 - 17:00 Wedstryde / Games

17:30 - 19:00 Ete Kampus / Supper Campus

18:00 - 22:30 Wedstryde / Games

22:30 - 06:00 Slaap / Sleep

 

04 April - Woensdag

 

06:30 - 07:30 Ontbyt Kampus / Breakfast Campus

07:30 - 08:00 Bestuurders ontmoet by Astro / Managers meet at Astro

08:00 - 09:30 Sessie 1 / Session 1

09:30 - 11:00 Sessie 2 / Session 2

11:00 - 11:30 Breek / Break

11:30 - 13:00 Sessie 3 / Session 3

13:00 - 14:30 Ete / Lunch

14:00 - 17:30 Wedstryde / Games

17:30 - 19:00 Ete Kampus / Supper Campus

18:00 - 22:30 Wedstryde / Games

22:30 - 06:00 Slaap / Sleep

 

05 April - Donderdag

 

06:30 - 07:30 Ontbyt Kampus / Breakfast Campus

07:30 - 08:00 Bestuurders ontmoet by Astro / Managers meet at Astro

08:00 - 09:30 Sessie 4 / Session 4

09:30 - 11:00 Sessie 5 / Session 5

11:00 - 11:30 Breek / Break

11:30 - 13:00 Sessie 6 / Session 6

13:00 - 14:30 Ete / Lunch

14:00 - 17:30 Wedstryde / Games

17:30 - 19:00 Ete Kampus / Supper Campus

18:00 - 22:30 Wedstryde / Games

22:30 - 06:00 Slaap / Sleep

 

06 Apr - Vrydag

 

06:30 - 07:30 Ontbyt Kampus / Breakfast Campus

07:30 - 08:00 Bestuurders ontmoet by Astro / Managers meet at Astro

08:00 - 09:30 Sessie 7 / Session 7

09:30 - 11:00 Sessie 8 / Session 8

11:00 - 13:00 Wedstryde / Games

13:00 - Vertrek / Departure

 

 

 

Wednesday, March 28, 2012

Strikers Fondwerwing Projekte

Karwas Dag insamewerking met die White Sprites

 

 

 

KONTAK BESONDERHEDE

Geagte Hokkie ouers,

 

Baie dankie dat julle ons die geleentheid gun om julle dogters op toer te kan neem.

 

Hier is ons kontak nommers indien julle enige navrae het tydens die toer.

 

STRIKERS Afrigter en toerorganiseerder:

Michael Busch – 083 532 9140

 

o/16 Afrigter en Hokkie organiseeder by Port Natal Skool

Engelie Maas – 076 537 5200

 

Hokkie groete

 

Coach M. Busch

 

 

 

Friday, March 23, 2012

Toer reëlings

Die toer vertrek vanaf Port Natal Skool om 22h00 op 2 April.  Almal moet reeds om 21h00 by die Koshuis hek wees.

Registrasie by die Bloemfontein se Univ vind plaas tussen 12h00 en 14h00 op 3 April.

Die Bus vertrek weer Vrydag 6 April net na 13:00 uit Bloemfontein en sal by Port Natal Skool wees teen ongeveer 21:00

Benodighede
  • Hokkie stokke, balle en sakke soos bespreek
  • Swemklere
  • Handoeke
  • Beddegoed word voorsien, maar 'n ekstra kombers of slaapsak kan handig te pas kom.
  • Toiletware
  • Sakgeld
  • Slaapklere
  • Een stel netjiese, gewone klere
  • Warm klere vir die aande
  • Eie Medikasie
Slegs een toersak en jou hokkiesak mag saamgeneem word.

Geen leerder sal toegelaat word om op toer te gaan as alle gelde nie inbetaal is nie.

Onthou afskrif van ID/geboortesertifikaat asook mediese kaart (voor en agter). Hooflid se ID nommer en vrywaringsvorm