Friday, April 06, 2012

HOKKIE HOKKIE HOKKIE

Die meisies het definitief gou agter gekom dat HIERDIE toernooi nie ‘n vakansie of soos die Engelse sal sê “a walk in the park” is nie.

Met ‘n goed geoliede program wat aktiwiteite soos “Basic defensive skills”, “Advance defensive skills”, “Goalshooting and scoring”, “Elimanation Skills 1”, “Elimination Skills” ens.  bevat, is die hokkie meisies se lywe defnitief in skok.

 

Dinsdag en Woesdag se wedstryde het baie beter verloop as wat Maandag s’n was.

Beide die spanne se vordering in die toernooi is deurslaggewend in hulle spel tydens die wedstryde.

 

Die o/16 span het dalk nog nie ‘n wedstryd gewen nie, maar hulle spangees op en af die veld maak op vir dit.

Die STRIKERS span kan spog met twee oorwinnings vir die toernooi tot dusver.

 

Die “student coaches” het onderhulself ‘n toernooi span gekies bestaande uit spelers wat vir hulle uitgestaan het.

Ons wil net graag aan Toffie baie geluk sê dat sy deel vorm van hierdie span.

 

Die meisies speel om 11h30 (Vrydag 6 April 2012) teen mekaar m.a.w. STRIKERS vs Port Natal o/16.

 

Sodra die wedstryd verby is, gaan ons eers ‘n paar finale draaie maak in Bloemfontein, met die idee om 13h00 die laatste uit Bloemfontein te vertrek.

 

Ons beoog om so 22h00 by die koshuis aan te kom, maar sal eers by Harrismith ‘n meer akkurate tyd te kan gee a.g.v die padwerke wat voorkom tussen Bloemfontein en Harrismith.

Ons sal die ouers op hoogte hou soos wat ons vorder.

 

Die meisie is baie moeg, lyfseer en defnitief is van hulle se stemme weg (Lekker gees gevang). Hulle het die toernooi geniet, maar ek dink hulle mis defnitief die huis en is reg om huis toe te gaan.

 

** Ek sal op ‘n later stadium foto’s oplaai. Daar is ‘n paar aksies foto’s wat tydens wedstryde geneem was, wat bietjie verwerking kort.**

** Hou dus nogsteeds die “blog” dop vir verdere inligting en foto’s**

No comments:

Post a Comment