Wednesday, April 04, 2012

Dinsdag - 3 April 2012

Jammer vir die laat “update” maar dit gaan regtig dol so tussen deur die aktiwiteite en min slaap.

 

--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

 

Met ons vertrek uit Durban, Maandag aand, was die meisies baie opgewonde gewees.

Ons het ons eie toergids gehad, die ene Bibi, wat ons vermaak het met haar talente om ons roete vooruit te vertel.

Maar nie voor lank het almal ‘n lê plekkie begin soek … ‘n warm lyfie om teen die koue te beskerm, ‘n skouer wat dalk as kussing kon “double”…

 

Die rit het sonder enige probleme vlot verloop, maar M&B op Montrose sal nooit weer dieselfde wees nadat almal, insluitende die afrigters, by hulle koffie voorraad ingeklim het nie.

 

Ons het ons reis afgesluit deurom 6h45 ons bestemming in Bloemfonteinn te bereik.

 

Die spanne was verras met ‘n lekker warm ontbyt by die restaurant “Iewers Nice”.

Hierdie is defnitief ‘n plekkie om in ‘n mens se reis beplanning in te werk.

Die eienaars van die bestemming was baie vriendelik en het ook vir ons middagete voorsien in die vorm van ‘n regte-egte tuisgemaakte Hamburger.

 

Die oggend was ‘n belewenis gewees om die meisies se reaksie te sien in die Dieretuin.

Hierdie spesifieke dieretuin word nog as een van die mees populêrste dieretuin in SA gesien.

Met hulle wye verskeidenheid van diere, het ‘n paar meisies defnitief iets geleer met hierdie uitstappie… al was dit om die apies te vermaak met vreemde geluide.

 

Met ons aankoms by die universiteit was ons verblyf aan ons geallokeer en die meisies het dadelik ‘n plek gesoek om die woes verslaapte hare plat te maak en tande te borsel.

Ons het ook ons program ontvang wat defnitief gewys het dat die meisies hier is vir meer werk as plesier.

Die eerste wedstryde het reeds om 14h30 afgeslaan.

 

Die o/16 meisies het twee strawwe wedstryde gehad, wat hulle ongelukkig verloor het.

Die STRIKERS het een wedstryd gelykop gespeel en een wedstryd met 1 doel verloor.

 

Uiteindelik na wat ‘n baie lank en uitmergelende dag was, is die meisies bed toe om die dag totsiens te roep en om hulself in droomland te gaan vind.

 

** ek vra onverskoning vir spelfoute en taal foute, dis 23h30 in die aand, en selfs die afrigters sukkel om te dink die tyd van die aand. hehehe

 

 

1 comment:

  1. Klink baie lekker, geniet dit - Cameron's

    ReplyDelete